Palinggat Oord

Palinggat Oord
Rules & Regulations List

VOORWAARDES VIR DIE AANHOU VAN TROETELDIERE/
CONDITIONS PERTAINING TO THE KEEPING OF PETS.

    • Honde word slegs in ‘n eienaar se deel en uitsluitlike gebruiksgebied toegelaat/Dogs are only allowed in an owner’s unit and exclusive usage area.
    • Buite die voormelde areas moet honde te alle tye aan ‘n leiband wees/Outside of the aforementioned areas dogs should at all times be on a leash.
    • Geen honde word by die swembad en op gemeenskaplike eiendom toegelaat nie/No dogs are allowed at the swimming pool area or areas of communal use.
    • ‘n Eienaar moet ontlasting onmiddellik verwyder/An owner must discharge of excrement
    • Slegs skoothonde mag aangehou word. Die definisie van ‘n skoothond vir doeleindes van hierdie bestuursreels is enige hond van ‘n miniatuurras of ‘n hond met ‘n massa van ongeveer 10kg/Only lap-dogs may be kept. For purposes of these management rules the definition of a lap-dog is any dog of miniature breed or a dog with a mass of approximately 10kg.
    • Slegs een hond per perseel word toegelaat/Only one dog per unit is allowed.

KATTE (Voorlopige goedkeuring alleenlik — onderworpe aan verandering)
CATS (Provisional approval only — subject to change)

    • Katte mag nie los rondloop nie/Cats may not be allowed to stray.
    • Katte mag nie ‘n oorlas vir ander eienaars wees nie/Cats should not be a nuisance to other owners.
    • Die eienaar aanvaar verantwoordelikheid vir die sindelikheid van die dier en die perseel/The owner accepts responsibility for the cleanliness of the animal and the premises.

Die eienaar/bewoner erken dat hy/sy die voorwaardes verstaan en erken die Raad van Trustees se reg om:

The owner/occupant acknowledges that he/she understands the provisions and acknowledges the Board of Trustees right to:

    • Die permit terug te trek indien die voorwaardes nie nagekom word nie/Cancel the permit should the conditions not be adhered to.
    • Eienaar/bewoner te verbied om diere aan te hou/Prohibit the owner/occupant to keep

PALINGGAT OORD EN PALINGGAT OORD II
GEDRAGSREËLS

1 Diere, reptiele en voëls

1.1 Behoudens enige ander bepalings van hierdie gedragsreëls mag ‘n eienaar of bewoner van ‘n deel nie sonder die voorafgaande skriftelike toestemming van die trustees enige dier, reptiel of voël in ‘n deel of op die gemeenskaplike eiendom aanhou nie.

1.2 Wanneer die trustees sodanige toestemming verleen, kan hulle enige voorwaardes stel, onderhewig daaraan dat die voorwaardes uiteengesit in Aanhangsel A altyd van toepassing sal wees en dat die trustees nie daarvan mag afwyk nie, behalwe om bykomende voorwaardes te stel.

1.3 Die trustees kan te eniger tyd sodanige toestemming met skriftelike kennisgewing aan die eienaar of bewoner terugtrek indien enige voorwaarde opgelê kragtens subreël 1.2 of die voorwaardes uiteengesit in Aanhangsel A verbreek word.

2 Vullisverwydering : Huis- en tuinvullis

2.1 ‘n Eienaar of bewoner van ‘n deel moet –

    • in sy deel of sy uitsluitlike gebruiksgebied of op ‘n deel van die gemeenskaplike eiendom skriftelik deur die trustees vir die doel aangewys, in ‘n higiëniese en droë toestand, ‘n houer vir vullis aanhou;
    • verseker dat die vullishouer uitgevoer is met ‘n plastieksak wat sterk genoeg is om die vullis wat dit hou, in te kan dra;
    • verseker dat vullis voordat dit in die houer geplaas word, goed toegedraai is, of in die geval van blikke en ander houers, dit vry van vloeistof is;
    • die plastieksak(ke) met vullis bedoel in reël 2.1(b) vir die doel van vullisverwydering, uitsit op die plek of plekke en op die tye soos deur die trustees bepaal. Geen plastieksakke met vullis mag op ‘n dag anders as dié vir die gebruiklike verwydering van tyd tot tyd buite ‘n deel of uitsluitlike gebruiksgebied geplaas word nie behalwe indien dit geplaas word in ‘n houer of plek wat vir daardie doel uitdruklik deur die trustees aangewys word;
    • wanneer die vullis verwyder is, sorg dra dat die plek waar die plastieksak vir verwydering gelaat is, netjies opgeruim en skoon gelaat word.
    • Geen vuilgoeddromme moet by die straatkant gelos word, nadat vuilgoed weggery is nie.

3 Voertuie en spoed in die oord

3.1 Geen eienaar of bewoner mag sonder die skriftelike toestemming van die trustees ‘n voertuig (wat in hierdie Reël 3 ingesluit ‘n woonwa, sleepwa, motorfiets of dergelike vervoermiddel), op die gemeenskaplike eiendom anders as die aangewese publieke parkeerarea parkeer of laat staan of toelaat dat ‘n voertuig op die gemeenskaplike eiendom parkeer of laat staan word nie.

3.2 Die trustees mag enige voertuig wat sonder hulle toestemming op die gemeenskaplike eiendom geparkeer is, daarop gelaat is of daarop geabandoneer is, op die koste en risiko van die eienaar daarvan laat verwyder of wegsleep of die wiele klamp. Sodanige klamp sal slegs teen betaling van ‘n vrystellingsboete wat deur die trustees bepaal is, vrygestel sal word.

3.3 Eienaars en bewoners van dele moet sorg dra dat hulle voertuie en die voertuie van hulle besoekers en gaste nie olie of remvloeistof op die gemeenskaplike eiendom lek of die gemeenskaplike eiendom op enige ander wyse skend of beskadig nie.

3.4 Geen eienaar of bewoner word toegelaat om op enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom, ‘n uitsluitlike gebruiksgebied of ‘n deel enige voertuig uitmekaar te haal of herstel- of onderhoudswerk daaraan te doen nie behalwe dit wat wesentlik noodsaaklik is om die voertuig te kan laat wegsleep na ‘n plek waar dit herstel of die nodige onderhoud gedoen kan word.

3.5 Eienaars of bewoners van dele moet toesien dat hulle voertuie of die voertuie van hulle besoekers en gaste van die grasperke van hulle dele of uitsluitlike gebruiksgebiede verwyder word wanneer sodanige grasperke gesny moet word.

3.6 Die maksimum spoed wat binne die terrein gehandhaaf mag word deur enige voertuig, insluitend motorfietse en fietse, is 20 km p.u.

3.7 Geen rolskaatse of skaatsplanke mag in enige straat of op enige gemeenskaplike eiendom in die oord, gebruik word nie.

4 Karavane en tente

4.1 Karavane wat permanent of wesentlik permanent in die oord staan moet te alle tye van buite netjies versorg en in ‘n goeie toestand van herstel en onderhoud wees, by versuim waarvan die trustees geregtig is om die eienaar of bewoner van die betrokke eenheid skriftelik te gelas om die karavaan binne die kennisgewing vermelde tyd tot die bevrediging van die trustees netjies te maak en te herstel. Vir die uitskakeling van onduidelikheid, word bepaal dat ‘n karavaan se voorkoms nie afbreuk aan die estetiese voorkoms van die skema moet doen nie.

4.2 Indien ‘n eienaar of bewoner versuim om na twee kennisgewings gevolg te gee aan die trustees se lasgewing, moet die eienaar of bewoner die karavaan verwyder of laat verwyder uit die oord totdat dit aldus netjies gemaak of herstel is : Met dien verstande dat indien die eienaar of bewoner versuim om die karavaan aldus te vewyder, die trustees dit op sy koste kan laat verwyder en die eienaar of bewoner kan ‘n boete opgelê word vir enige tydperk wat die versuim om die karavaan aldus te versorg of te herstel voortduur.

4.3 Op eenhede in Palinggat Oord, uitgesluit die woonwapersele (m.a.w. eenhede 1 – 40; 53 en 54), mag enige karavaan gebruik word nie en geen tente mag op enige deel opgerig of gebruik word sonder die toestemming van die trustees nie.

[NOTA : RIGLYNE BEHOORT HIERVOOR BESKIKBAAR TE WEES]

4.4 Op geen eenhede in Palinggat Oord 11 mag enige woonwa of tente opgerig of gebruik word nie.

5 Skade, verandering of uitbreiding aan dele, uitsluitlike gebruiksgebiede en gemeenskaplike eiendom en omheining van dele

5.1 ‘n Eienaar of bewoner van ‘n deel mag nie sonder die skriftelike toestemming van die trustees

    • enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom verf, merke daarop aanbring, spykers of skroewe of iets soortgelyks daarin slaan, enige veranderings of verbeterings daarop of daaraan aanbring (ingesluit die aanbring van buite-wasbakke, -storte en wasgoedlyne), of dit andersins beskadig of verander nie;
    • die kleurskema aan die buitekant van sy eenheid verander nie. 2 Nieteenstaande subreël 5.1 mag ‘n eienaar of ‘n persoon deur hom gemagtig –
    • enige sluittoestel, veiligheidshek, diefwering of ander veiligheidstoestel vir die beskerming van sy deel; of
    • enige skerm of ander toestel om diere of insekte uit te hou, installeer : Met dien verstande dat die trustees eers skriftelik die aard en ontwerp van die toestel asook die wyse waarop dit geïnstalleer word, goedgekeur het : Met dien verstande verder dat die kleur daarvan met die kleurskema van die eenheid moet ooreenstem.

[NOTA : MOET DIT MET DIE DAK SE KLEUR OOREENSTEM?]

5.3 ‘n Eienaar van ‘n deel mag sy deel en uitsluitlike gebruiksgebied omhein volgens die voorskrifte van die trustees van tyd tot tyd.

6 Buite-voorkoms, tekens en kennisgewings

6.1 Die eienaar of bewoner van ‘n deel mag nie iets op enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom plaas of iets daarop doen wat na die oordeel van die trustees esteties onaangenaam of ongewens voorkom nie.

6.2 Die eienaar of bewoner van ‘n deel mag nie sonder die voorafverkreë skriftelike toestemming van die trustees, ‘n teken, kennisgewing, aanplakbord of advertensie van enige aard hoegenaamd op enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom of van ‘n deel aanbring sodat dit van buite die deel sigbaar is nie.

6.3 Geen tuingereedskap / visvang gereedskap ens. mag buite gelaat word nie.

6.4 Besems / moppe moet gelaat word om droog te word waar dit nie sigbaar vanaf die straat is nie.

6.5 Geen winkeltrollies mag binne Palinggat kom of by die ingang van Palinggat gelos word nie.

6.6 Drade wat oor plante geplaas word as beskerming teen bokkies moet gedurende die dag verwyder word.

6.7 Motorhuis venster en ander vensters wat na die strate toe wys moet nie gebruik word om skoonmaak materiale ander voorwerpe te stoor nie asook alle gordyne en blinders moet netjies en heel wees.

7 Rommel

‘n Eienaar of bewoner van ‘n deel mag nie rommel, insluitend vullis, sigaretstompies, oorskietkos of ander vuilgoed op die gemeenskaplike eiendom stort of gooi of laat stort of gooi nie of toelaat dat dit gedoen word nie.

8 Wasgoed en skadunette

8.1 ‘n Eienaar of bewoner van ‘n deel mag nie sonder die skriftelike toestemming van die trustees sy eie wasgoedlyn span of skadunette of sonskerms aanbring nie.

8.2 ‘n Eienaar of bewoner van ‘n deel mag nie enige wasgoed of ander items aan enige gedeelte van ‘n deel of die gemeenskaplike eiendom hang sodat dit van buite die deel of van enige ander deel sigbaar is nie.

9 Bewaring van vlambare stowwe en ander gevaarlike optredes

9.1 ‘n Eienaar of bewoner mag nie in sy/haar deel of op sy/haar uitsluitlike gebruiksgebied of op die gemeenskaplike eiendom enige stof bewaar of enige ander gevaarlike handeling verrig of laat verrig of toelaat dat dit verrig word wat die verhoging van die tarief van die premie betaalbaar deur die regspersoon op enige versekeringspolis sal of kan meebring nie.

9.2 Geen vuurwerke mag binne die oord afgevuur word nie. By oortreding van hierdie subreël 9.2 kan ‘n boete opgelê word soos van tyd tot tyd deur die trustees bepaal.

10 Verhuur van eenhede

10.1 Alle huurders van eenhede en ander persone aan wie die reg van okkupasie van ‘n betrokke eenheid verleen is, moet ondanks andersluidende bepalings vervat in enige huurooreenkoms of die toestaan van ‘n reg tot okkupasie hierdie gedragsreëls nakom.

10.2 Dit is die verantwoordelikheid van die eienaar van ‘n eenheid om nakoming van die gedragsreëls deur die huurder van sy eenheid en ander persone aan wie die reg tot okkupasie verleen is, te verseker.

10.3 Eienaars bly onder alle omstandighede en te alle tye verantwoordelik vir die optrede van hulle huurders of okkupeerders en dié se gaste, genooides en werknemers en vir enige skade deur sodanige huurders, okkkupeerders of ander persoon binne die oord aangerig.

10.4 Aangesien die reg van toegang tot die oord voorbehou word, moet enige verhuring of beskikbaarstelling vir okkupasie van enige deel vir langer as 1 (een) maand vooraf skriftelik aan die trustees gekommunikeer word. Die eienaar moet met die hulp van die oordbestuurder toesien dat ‘n toegangspermit en ‘n stel gedragrsreëls aan sodanige huurder of okkkupeerder uitgereik word voordat okkupasie van die eenheid geneem mag word.

11 Uitwis van plae

‘n Eienaar moet sy eenheid vry hou van witmiere, boorinsekte en ander insekte wat hout vernietig en moet vir hierdie doel die trustees, die Bestuurder en hulle behoorlik gemagtigde agente of werknemers toelaat om sy deel van tyd tot tyd te betree om die deel te inspekteer en sodanige stappe te doen as wat redelikerwys noodsaaklik is om enige sodanige plae uit te wis. Die koste van die inspeksie, die uitwissing van sodanige plae as wat binne die deel gevind word en die vervanging van enige hout of ander materiaal wat deel vorm van sodanige deel en deur sodanige plae beskadig is, word deur die eienaar van die betrokke eenheid gedra.

12 Aanplant van plante

12.1 Geen eienaar of bewoner van ‘n deel mag bome aanplant waarvan die wortelstelsel of takke die mure van die deel of die mure van enige ander deel of enige gemeenskaplike eiendom kan beskadig of benadeel nie.

12.2 Geen nasionaal gelyste uitheemse/indringer bome, struike of plante mag binne die oord aangeplant word nie.

12.3 Geen tuin mag op so ‘n wyse teenaan of naby die mure van dele of die mure van gemeenskaplike eiendom gemaak of aangeplant word dat die benatting daarvan skade aan sodanige mure kan aanrig nie.

13 Lawaai

13.1 Die algemene reël van stilte tussen 23:00 en 07:00 gedurende die week en 24:00 en 07:00 op Vrydag- en Saterdagaande moet gerespekteer word.

13.2 ‘n Persoon wat nie subreël 13.1 nakom nie (vir doeleindes waarvan die eienaar aanspreeklik is vir die optrede van sy gaste, genooides, en familie), kan deur enige persoon wat daardeur geraak of benadeel word aan die Bestuurder of die trustees gerapporteer word, en is by skuldigbevinding strafbaar met ‘n boete.

14 Heffings

Heffings is maandeliks vooruitbetaalbaar voor die 7e (sewende) dag van elke maand. By versuim sal rente teen die prima rentekoers soos van toepassing by die regspersoon se bankiers van tyd tot tyd plus 3% op die verskuldigde bedrag gehef word vanaf die verskuldigde datum tot op die datum van betaling. Regstappe sal na 3 (drie) maande gedoen word en die eienaar sal aanspreeklik wees vir alle regskoste insluitend die invorderingskoste, hetsy dagvaarding uitgereik word al dan nie.

15 Swembad, ontspanningsarea en geriewe

15.1 Die swembad, ontspanningsarea en ontspanningsgeriewe, uitgesluit die muurbalbaan, is slegs vir die gebruik van inwoners en hulle bona fide gaste en wel binne die vasgestelde gebruikstye : Met dien verstande dat die ontspanningsaal en die aangrensende ontspanningsarea volgens diskresie van die trustees aan persone/instansies van buite die oord verhuur mag word.

15.2 Geen persone van buite die Oord mag die swembad gebruik nie, tensy dit deur die huurooreenkoms bedoel in subreël 15.1 so gereël is. Eienaars en bewoners moet toesien dat hierdie reël nagekom word en mag nie persone van buite die oord aanmoedig om van die gerief gebruik te maak nie.

15.3 Geen persone van buite die Oord mag die wasgeriewe gebruik nie. Eienaars en bewoners moet toesien dat hierdie reël nagekom word en mag nie persone van buite die oord aanmoedig om van die gerief gebruik te maak nie.

15.4 Die hek van die swembad moet te alle tye toe wees.

15.5 Niemand mag die swembad buite die vasgestelde tye gebruik nie. 15.6 Niemand mag oor die heining van die ontspanningsarea klim nie. 15.7 Die swembad word op eie risiko gebruik.

15.8 Swemdrag moet gedra word wanneer die swembad gebruik word.

16 Boete klousule

16.1 Indien die gedrag van ‘n eienaar of bewoner van ‘n deel na die oordeel van die trustees ‘n oorlas uitmaak of indien ‘n eienaar of bewoner die gedragsreëls oortree, verbreek, verontagsaam of minag kan die trustees of Bestuurder aan die eienaar of bewoner ‘n skriftelike waarskuwing bestel wat per hand of geregistreerde pos kan geskied. Die skriftelike waarskuwing moet die spesifieke oortreding of oorlas uiteensit of die reël wat oortree is duidelik aanhaal en die oortreder sal gewaarsku word dat voortsetting van die gedrag of oorlas daartoe kan lei dat ‘n boete aan die eienaar of bewoner opgelê kan word.

16.2 Indien die eienaar of bewoner steeds volhou met die speifieke oortreding of oorlas of verbreking van die spesifieke reël, kan die trustees ‘n vergadering belê om die aangeleentheid te bespreek en ‘n boete op te lê.

16.3 Die skriftelike kennisgewing waarmee die beweerde oortreder in kennis gestel word van die vergadering, en versoek word om die vergadering by te woon, moet ten minste 7 (sewe) dae voor aanvang van die vergadering gegee word. Die eienaar of bewoner sal toegelaat word om die vergadering by te woon en sy of haar saak te stel, maar binne perke na die oordeel van die voorsitter, en mag nie deelneem aan die vergadering of stem nie.

16.4 Nadat die eienaar of bewoner die geleentheid gehad het om sy of haar saak te stel, kan die trustees by wyse van ‘n spesiale besluit (75% van die trustees teenwoordig by die vergadering met ‘n minimum van 3 (drie) trustees) ‘n boete oplê vir die eerste oortreding en opvolgende boete vir elke identiese oortreding daarna of indien die oortreding van ‘n voortdurende aard is, ‘n boete oplê vir die duur van die oortreding.

16.5 Enige boete opgelê in terme van subreël 16.4 kan, indien dit nie na 14 (veertien) dae na kennisgewing van die boete betaal is nie, toegevoeg word tot die heffings wat ‘n eienaar verplig is om te betaal in terme van artikel 37(1) van die Wet en geëis word deur die trustees as deel van die maandelikse heffing betaalbaar deur die eienaar.

16.6 Die Regspersoon kan van tyd tot tyd by ‘n algemene jaarvergadering op aanbeveling van die trustees die bedrag van enige boete of die minimum en maksimum boetes vir oortredings van hierdie reëls vasstel.

16.7 Enige versuim om ‘n boete wat opgelê is te betaal sal vir alle doeleindes geag word, ‘n volharding daar te stel om die gedragsreëls nie na te kom nie.

AANHANGSEL A : DIERE, REPTIELE EN VOORWAARDES

  1. Voorwaardes vir die aanhou van diere, reptiele en voëls :

   1.1 Honde wat nie aan ‘n leiband is nie word slegs in ‘n eienaar se deel en sy uitsluitlike gebruiksgebied (“die toegelate gebied“) toegelaat.

   1.2 Buite die toegelate gebied moet honde te alle tye aan ‘n leiband wees.

   1.3 Geen hond word binne die ommuurde swembadarea toegelaat nie.

  1.4 ‘n Eienaar moet die hond of honde waarvoor hy toestemming het se ontlasting onmiddellik verwyder. Sakkie vir optel vir honde ontlasting moet te alle tye saamgedrae word, en troeteldier se ontlasting moet dadelik opgetel word.

  1.5 Slegs klein honde mag aangehou word. ‘n Klein hond word vir doeleindes van hierdie reëls geag ‘n hond te wees met ‘n massa van nie meer nie as 10kg.

  1.6 Slegs 1 (een) hond word per eenheid toegelaat : Met dien verstande dat ‘n eienaar wat by die aanvaarding van hierdie reëls in besit van 2 (twee) honde is, mag die tweede hond behou totdat die een daarvan doodgaan.

   1.7 Hondelisensie: Alle inwoners wat honde aanhou, moet ‘n hondelisensie bekom by die Munisipaliteit en aan die kantoor ‘n afskrif inhandig.

  1.8 Eienaar wat hond wil aanhou se erf moet omhein wees.

  1.9 Een kat word in die Oord toegelaat: Met dien verstande dat ‘n eienaar wat by die aanvaarding van hierdie reëls in besit van ‘n kat is, mag die dier behou totdat dit doodgaan.

  1. Indien ‘n eienaar of bewoner enige van die reëls onder paragraaf 1 van hierdie Aanhangsel A meer as een keer oortree of toelaat dat dit oortree word, hetsy dit hyself is of ‘n bewoner van sy eenheid (ingesluit enige tydelike bewoning) is die eienaar verplig om by kennisgewing deur die Oordopsigter of die trustees sodanige dier, reptiele of voël onmiddellik uit die oord te vewyder. Indien die eienaar sou weier of versuim om dit te doen, kan die trustees sodanige verwydering op sy koste laat doen.

GATE

As you know, access to the entrance gate for many residents are granted by way of a phone call to the gate. As a result there are many phone numbers registered on the gate, many of which no longer apply, have changed or were one-time holiday makers.

It is therefore planned that the telephone number registry (VISITORS: 081 879 7201) of the gate be wiped out to remove all unused numbers.

If you still want access to the gate through your cell phone, you are requested to provide the phone number(s) you want to use to Magda at the office by 28 February 2022.

If you have not provided your number to the office, and then seeking access, you will need to do it by way of the remote control. You can then report the number at the office, but it will not be loaded after hours since the office is not open.


TOEGANGSHEK

Soos u weet, word toegang by die ingangshek aan baie inwoners verleen by wyse van `n selfoonoproep na die hek. Daar is tans baie telefoonnommers geregistreer op die hek, waarvan baie nie meer van toepassing is nie, verander het, of eenmalige vakansiegangers was.

Daar word derhalwe beplan om die telefoonregister van (BESOEKERS: 081 879 7201) op die hek skoon te vee om sodoende alle ongebruikte nommers te verwyder.

Indien u steeds toegang tot die hek wil verkry by wyse van u selfoon, word u versoek om teen 28 Februarie 2022 vir Magda by die kantoor te voorsien van die selfoonnommer(s) wat u wil gebruik.

Indien u nie voor 28 Februarie 2022 u nommer aan die kantoor verskaf nie, en dan by die hek toegang wil verkry, sal u dit by wyse van die afstandbeheer moet doen. U kan daarna by die kantoor die nommer aangee, maar sal daar nie na-ure enige nommers op die stelsel gelaai kan word nie.

REFUSE REMOVAL

HOUSEHOLD: Black bags

Garbage will be removed on MONDAYS AND FRIDAYS AT 9.00.

    • No bags other than black bags may be used for household refuse and the bags must be visibly placed outside the home.
    • No late bags will be removed. We therefore urge you not to put out your refuse other days and times than these times.
    • No bins will be cleaned. Bags will also not be taken out of bins.
    • Overfilled bags will not be removed. Owners/visitors should make sure the bag can be tied

RECYCLING: White bags

Recycling bags may only be used for recycling purposes and not for home and garden refuse. Recycling bags will be removed on MONDAYS AND FRIDAYS AT 9:00.

GARDENFILL: Red bags

Garden garbage should be put in red bags and will be removed every WEDNESDAY.  Branches and trees should preferably be cut into short pieces for easy transport and removal.

Bags are available at the office.


VULLISVERWYDERING

HUISVULLIS: Swart sakke

Huisvullis sal op MAANDAE EN VRYDAE OM 9:00 verwyder word.

    • Geen sakke anders as swart sakke mag gebruik word vir huisvullis nie en die sakke moet sigbaar buite die woning geplaas word.
    • Geen sakke wat laat uit gesit word, sal nie verwyder word nie. Ons doen dan ook ‘n beroep op u om u huisvullis nie ander dae en tye as die genoemde tye uit te sit nie.
    • Geen asblikke sal skoongemaak word nie. Sakke sal ook nie uit asblikke gehaal word nie.
    • Oorvol sakke sal nie verwyder word nie. Eienaars/besoekers moet seker maak die sak toe kan knoop.

HERWINNINGVULLIS: Wit sakke

Herwinningsakke mag net gebruik word vir die doel van herwinning en nie vir huis- en tuinvullis nie. Herwinning sal op MAANDAE EN VRYDAE OM 9:00 verwyder word.

TUINVULLIS: Rooi sakke

Tuinvullis moet in rooi sakke geplaas word en sal dit op elke WOENSDAG verwyder word. Takke en bome moet verkieslik in kort stukkies gesny word sodat dit maklik vervoer en verwyder kan word.

Sakke is beskikbaar by die kantoor.

Upload your Application

Scroll to Top

If you have forgotten the username or password, please send an email to kantoor@palinggat.co.za